Friday, October 19, 2007

Koors Hoog

Ja met die rugby en die SA span wat so mooi doen is die rugby koors hoog. Hier in New Zealand is die rygby koors droog! Hierdie mense wil nie eens rugby praat nie so is hulle na hulle los. Maar ons Suid Afrikaners hou die vlae maar nog ietwat weggesteek maar darem uit by jou eie huis. Ons kom bymekaar vroeg oggend en maak n lekker ontbyt en kyk dan die rugby saam en skreeu saam. Vanaand is nou die Suid Afrikaanse Klub se lente dans en ek is seker dit sal groen en goud joluit wees daar. Sal maar sien hoe gedra die New Zealand se Suid Afrikaners hulle. Ag en dalk ontmoet ons (ek) nou net iemand interessant daar, n mens weet nooit! Wag en sien sal ek maar moet doen en so julle ook om meer nuus te hoor. Dis nog n maand en n half in die huur woonstel voor ons in die huis kan intrek met vele meer dinge tussen in, sal maar later daaroor gesels.