Musiek - sonder dit dink ek die lewe sou verskriklik boring gewees het. Ons het nou nie cd's om na te luister hier nie en my mp3 player kan ook nie in die rekenaar in plug saam die muis nie maar n boer maak n plan...genaamd "you tube". Net soos jy deur jou cd's sou gaan kan jy nou net in tik wie jy soek en na hulle luister en sommer die musiek video ook kyk as jy wil. Daar is ook natuurlik online radio stasies, ons luister maar meeste na K-Love (positive encouraging musick) soos hulle dit noem.
Ek wens ek kon sing, maar ek kan nie, glad nie, nie naastenby nie...maar dis ok ek is beter in ander dinge. Ek dink sang sal ek beskruif as "giving your heart a voice". Ek lees die week in n berig dat hulle se sang het n ongelooflike positiewe invloed op n persoon, ek bedoel om self te sing, nie net te luister nie (dit gaan nie oor mooi nie, dis net die uiting daarvan wat goeie hormone vrystel se hulle...ek is seker dit werk net as jy positiewe liedjies sing want ek is seker die ander kant om werk ook). Dis seker hoekom meeste mense in die stort sing...die water beinvloed jou seratonien vlakke in jou brein - jou goed voel hormoon, dan voel jy so goed jy bars sommer in sang uit!
Ek is nou nogal n Josh Groban fan (het nou nie n foto van hom teen my muur op nie, maar hy mag maar enige dag vir my kom sing...sy krul hare en mooi gesiggie is n bonus).
Friday, October 12, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment